7 dae gelede
Prins Philip ‘in goeie luim’
(Photo: Getty Images/Gallo Images)
Prins Philip  ~ Getty Images

PRINS Philip, man van Koningin Elizabeth II, het 'n tweede nag in 'n Londense hospitaal deurgebring.

Volgens bronne binne Buckingham-paleis is dit nie Covid-19-verwant nie en sal die 99-jarige hertog van Edinburgh vir 'n paar dae vir waarneming in die hospitaal aanbly.

AFP berig Prins Philip, wat in Junie sy 100ste verjaarsdag vier, was sterk genoeg om self die hospitaal binne te stap. Hy is sedertien in goeie luim, sê bronne na aan die koninklike familie.

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het Prins Philip sterkte toegewens.

Intussen het die res van die familie nie hul koninklike pligte afgeskeep nie.

Philip se seun, Prins Charles en sy vrou Camilla, het Woensdag 'n hospitaal in Birmingham besoek. - JacarandaFM  




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters