19 dae gelede
PJ Powers, jeug vra SA om te unite
Saam: PJ Powers en die Mzansi-jeugkoor se “Bayeti Mzansi” moedig Suid-Afrikaners om die land tot hoër hoogtes te neem.  ~ Verskaf

DIE Suid-Afrikaanse sangeres PJ Powers het hande gevat met die Mzansi-jeugkoor om die inspirerende song “Bayete Mzansi” op Vryheidsdag uit te reik.

Dié lied roep die hele nasie byeen om Suid-Afrika na hoër hoogtes te neem. Dit vorm deel van ’n landwye projek, Up We Go Mzansi, van die departement van sport, kuns en kultuur. Hierdie projek is ’n Social Cohesion Advocates Programme (Scap)-inisiatief.

Saamsnoer

Die lirieke nooi alle Suid-Afrikaners om saam in unity te sing.

Dit vra dat ons ons individuele kragte moet saamsnoer om positiewe verandering in ons land teweeg te bring.

Ons het met PJ Powers, wat bekend is vir haar aktivisme deur musiek, gepraat oor wat hierdie liedjie vir haar beteken.

“Ons kan nie ontken dat ons land op ’n tipping point is nie.

“Ek is die ewige optimis en dit is waarom ek betrokke geraak het by hierdie projek,” sê PJ.

“Wat die projek vir my nog meer spesiaal gemaak het, is om saam met die wonderlike jonges van die Mzansi-jeugkoor te werk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters