2 maande gelede
‘Piksteel’ maak dié skrywer vry
OUTEUR: André Smith se kortverhaal “Die Piksteel” sal die leser soms laat lag, dan weer laat huil en die hele tyd laat wonder hoe dit gaan eindig.foto’s verskaf  ~ 

ELKE skrywer droom daarvan om iets met sy skryfwerk te bereik en erkenning daarvoor te kry. En André Smith van die Swartland is geen uitsondering nie.

Oor die insluiting van sy verhaal by die kortverhaalbundel Woorde Wat Vry Maak kan dié gereelde rubriekskrywer nie uitgepraat raak nie.

Smith het vroeër vanjaar aan ’n nasionale skryfkompetisie deelgeneem en met die tweede prys weggestap.

Hy sê dit was vir hom besonders om aan dié skryfprojek deel te neem. Dis die eerste keer (maar hopelik nie die laaste nie) dat sy skryfwerk in ’n boek verskyn en hy sukkel om sy opgewondenheid oor sy prestasie weg te steek.

Smith se kortverhaal is een van 10 in dié bundel wat op 18 Julie virtueel bekendgestel is.

Geheime

Sy storie is getiteld “Die Piksteel” en hy hoop om daarmee sommer diep in die lesers se hart in te kruip.

In sy storie tree temas soos armoede, donker geheime, mishandeling en lewenskeuses na vore. Die storie sal die leser laat lag, dan weer laat huil en die hele tyd laat wonder hoe dit gaan eindig.

Die verhaal speel hom in ’n klein vissersgemeenskap aan die Weskus af.

Volgens die bundel se taalversorger, Marlene Cloete, is Woorde Wat Vry Maak ’n prysenswaardige projek wat oorloop van skryftalent en vaardigheid.

Kontak André op Whats­App by 083 308 9165 of per e-pos by arniesmith@ gmail.com as jy graag die kortverhaalbundel wil koop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters