4 maande gelede
Pearl Thusi raak polities in twiets
REK BEK: Pearl Thusi skroom nie om die DA te vertel wat sy van hulle nie dink nie.  ~ Getty Images

DIE Demokratiese Alliansie (DA) is ’n grap!

Dis wat die aktrise en TV-aanbieder Pearl Thusi oor die DA getwiet het omdat hulle sterk gekant is teen die ANC se plan om standbeelde en monumente van geskiedkundige figure te sloop.

Die Queen Sono-aktrise twiet aan die DA: “Sjoe! Julle wil aanhou om die bastards te vier wat ons mense geskend het. Asof dit nie genoeg was om ons al die jare die verkeerde geskiedenis te leer nie.”

Dit is net een van ’n hele reeks twiets wat sy op die DA se Twitterblad gelos het. In ’n ander twiet laat sy hoor: “Die DA is ’n grap. Ek is sommer vererg dat ek op hul page beland het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters