20 dae gelede
Paas-show net vir jou
SONGBIRD: Elwira Standili is opgewonde oor die aanlyn Paaskonsert.  ~ Foto Verskaf

“PAASFEES is ’n tyd van oorwinning.”

Dít is wat die heilige week vir die talentvolle Worcesteriet Elwira Standili beteken.

Die sangeres en Cheswyn Ruiters, eerste wenner van Maak My Famous, vat hande met jou gunsteling-koerant om ’n ongelooflike Paas-ervaring te bied wat jy nie sommer gou sal vergeet nie.

Son, in samewerking met Elwira en Cheswyn, bied op Sondag 4 April die show Resurrection Sunday: We Will Rise aan.

Elwira sê sy sien uit na dié aanlyn konsert wat jy in die gemak van jou huis kan kyk.

“Paastyd is ook familietyd. ’n Tyd wanneer julle bymekaarkom, van jul daaglikse probleme vergeet en op die oorwinning van Jesus Christus fokus.

“In sy kruisiging en opstanding lê ons oorwinning opgesluit.”

Elwira belowe hulle gaan ons bedien met ’n paar ou tradisionele Paasliedere asook haar trefferlied “Sy Hand”.

“Oral war ek gaan, dring mense aan ek moet daai lied doen en ek doen dit met graagte. Ons gaan ook daai liedere sing waarmee ons grootgeword het. Liedere soos ‘Ou Ruwe Kruis’ en ‘Een Môre Stap Maria’.

“Ek belowe jou dit gaan ’n vibe wees wat jy nêrens ander sal ervaar nie.”

Elwira voeg by die aanlyn show gaan motiverend wees. “Met dié show wil ons mense bemoedig deur te sê ons weet tye is moeilik, maar ons sal saam rise.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters