Verlede maand
Paartjies vat kans
HOST: Phat Joe bied die show Temptation IslandSA aan.  ~ Foto Verskaf

DIE bekkige radio- en TV-man Phat Joe is die aanbieder van die dating show Temptation Island SA.

Showmax het dié week die aanbieder van die show bekendgemaak, asook die couples wat gaan deelneem.

Die stroomdiens verduidelik hy het die uitgesproke Phat Joe gekies oor hy die game van liefde ken.

“Hy is ’n huishoudelike naam en hy het twee dekades se ondervinding in die vermaakbedryf.

“Hy is ook ervare met die rollercoaster van liefde in elke vorm daarvan.

“Hy was al ’n playboy, hy het high profile-verhoudings gehad, sy hart is al gebreek deur ’n partner se ontydige dood en hy het eindelik met die liefde van sy lewe getrou en ’n gesin begin,” sê Candice Fangueiro, Showmax se inhoudshoof.

Temptation Island is die finale toets vir jou verhouding. Dit volg die reis van vier paartjies wat by ’n kruispad in hul verhouding is. Hulle moet besluit of hulle gereed is om die res van hul lewe aan mekaar toe te wy en of hul paadjies maar eerder gaan skei.

Pragtige

Die paartjies ervaar saam die beste vakansie in ’n paradys waar single mans en vroue hulle by die deelnemers aansluit. Hulle beleef dan ’n “single life” in ’n toets wat al die moeilikste vrae in hul verhouding moet help beantwoord.

Die Suid-Afrikaanse weergawe van die dating show word in die pragtige Knysna geskiet.

Die vier paartjies gaan ’n luukse vakansie geniet en hul verhouding gaan tot die uiterste getoets word.

Dis nou wel nie ’n eiland soos in die oorsese weergawes nie, maar die prentjiemooi Knysna hoef vir geen eiland terug te staan nie.

Hier is die vier couples wat gaan deelneem aan die show:

Daar is net een paartjie van Kaapstad. Die ander drie is van Johannesburg. Die 25-jarige oproepsentrum-operateur Precious Khumalo en die 27-jarige biokinetikus Grant Manuel is al vier jaar saam. Hulle is van die Kaap.

Justin Fritz (31) is ’n close protection officer, wat Estelle Langa (30), ’n HR-bestuurder, nou al 13 jaar aan en af date. Die twee het mekaar eers onlangs eksklusief begin sien.

Musa Qubinkomo (26) is ’n sagteware-ontwikkelaar en aktrise, en haar ou, Sifiso Ndlazi (27), ook ’n akteur, personal trainer en model, woon nou al ’n jaar saam. Musa het al in Amazing Grace gespeel, sy was al op Date My Family en One Night With My Ex. Sifiso het al gesig gewys in Mzansi Magic se program Emlanjeni.

Die laaste paartjie is Nthabiseng Maphago (26), ’n entrepreneur, model en DJ en haar berk, MJ Maponya (29), ’n fitness trainer en luxury gym designer.

Nuwe

Die tweetjies is ’n jaar en half saam.

Showmax gaan eers later die 20 singles bekendmaak wat die paartjies se verhouding gaan toets.

Temptation Island begin op 26 Augustus. Daar gaan elke Donderdag tot 4 November ’n nuwe episode wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters