18 dae gelede
Oude Molen maak reg vir dié opelugfees
TREE OP: NV Funk is een van die hoofkunstenaars op die Come To Gather-opelugfees.  ~ Foto Verskaf

DIE Oude Molen Eco Village in Pinelands speel gasheer vir ’n groot opelug-opskop.

Come To Gather vind op Werkersdag, 1 Mei, plaas.

Die fees beoog om ons pragtige stad se mense in die beste atmosfeer te verbind.

Daar sal live topgehalte-optredes op die fees te sien wees, asook DJ’s en lekker kos. Dis ’n ervaring wat jy nie moet misloop nie!

NV Funk, een van die hoofkunstenaars, vertel: “Die lokaal­ is ’n gelisen­sieerde byeenkoms­lokaal wat al die Covid-19-protokolle en -regulasies­ van byeenkomste sal gehoorsaam.

“Ek gaan musiek speel van my debuut-gqom-album, Yet We Rise, wat in Junie 2021 uitgereik sal word.”

Julle kan uitsien na lekker tracks soos “Superstar from Retreat”, “Midnight Prayer”, “Everything is Nice” en soveel meer.

DJ Gremlin, die Suid-Afrikaanse Red Bull-DJ-kam­pioen, sal ook live wees.

Benewens NV Funk en Gremlin gaan ander DJ’s ook optree: Sir Vincent, ­Feezol, Wonder Brothers, Liam Hans, ­Matthew Jacobs, Shai-A & Fizz, Umlungu, DA Movement en JMD.

Die Come To Gather-fees word deur Dylan Wannenberg en Neevan Ferris aangebied. Kaartjies kos R100 en is op 1 Mei by die Oude Molen Eco Village beskikbaar.

Hekke open 16:00 en maak 22:00 toe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters