DIE mag is nou in ons hande om vanaand die topvyf-finaliste vir die Maak My Famous-kompetisie te kies.
Laas week is geen van die deelnemers huis toe gestuur nie. Dit beteken dié week sal twee deelnemers ongelukkig hul sakke moet pak.
So, jy beter 20:00 inskakel en seker maak dat jou gunsteling-vyf deelnemers in die Maak My Famous-huis aanbly.
Hieronder is die instruksies wat jy moet volg om vir jou favourites te stem.
1. Duh! Jy moet natuurlik eers in-tune en na die show kyk.
2. Wees gereed gedurende die show vir wanneer daar aangekondig word dat dit nou tyd is om te stem.
3. Jy kan stem op kyknet.tv of op die amptelike Maak My Famous-blad op Twitter en Facebook.
4. Die tyd om live te stem is binne ’n oogwink verby, so, hou die digitale platforms dop vir die skakel.
5. Onthou, jy stem vir die vyf deelnemers wat jy in die kompetisie wil hou.
Hier is die deelnemers wat dit gemaak het tot in die topsewe:
- Nicoleen Saal
- Daylin Sass
- Spinksie
- Die Wesso’s
- Reggie B
- DFeat SA
- Jayson Kleinschmidt
Ek weet nie van julle af nie, maar ek weet al klaar vir wie ek gaan stem!