10 dae gelede
Onse Shudu is in ‘die paradys’
Vreugde: Mej. Suid-Afrika 2020, Shudufhadzo Musida, is vol smiles in Puerto Rico, waar sy aan die Mej. Wêreld-kompetisie gaan deelneem.  ~ Instagram

QUEEN Shudu is in paradise met ’n pragtige reënboog begroet.

Mej. Suid-Afrika 2020, Shudufha­dzo Musida (25), het veilig aangekom in Puerto Rico, of “paradise”, soos sy dit noem.

Dié boorling van Limpopo het Suid-Afrika oor die naweek verlaat om ons in die 70ste Mej. Wêreld-kompetisie in Puerto Rico te verteenwoordig.

Sy het pragtige foto’s van haarself in ’n perserige skouerlose tweestuk gelaai. In die kiekies lyk onse Shudu darem pragtig en sorgeloos met die palmbome, see en selfs ’n reënboog in die agtergrond.

By die kiekies skryf sy: “Ek is vandag so gevul met vreugde tydens ons eerste dag van feestelikhede.

“PS: Kan julle die reënboog agter my sien?

“Seëninge op seëninge.”

Ondersteun

Sy het vroeër gevra dat Suid-Afrikaners haar ondersteun wanneer sy op die Mej. Wêreld-verhoog verskyn.

“Ek dra julle elkeen in my hart terwyl ek op dié een-keer-in-’n-leeftyd-journey gaan en ek vra nederig dat julle saam met my op hierdie journey gaan.”

Queen Shudu hoop om te volg in die voetspore van drie voormalige Mejj. Suid-Afrika – Rolene Strauss (2014), Anneline Kriel (1974) en Penelope Coelen (1958) – wat al die Mej. Wêreld-kroon verower het.

Die Mej. Wêreld-kompetisie vind op 16 Desember plaas wanneer die huidige Mej. Wêreld, Toni-Ann Singh van Jamaika, haar opvolger sal kroon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters