4 dae gelede
Ons het so ’n movie nodig
albert
CAST: Albert Maritz, Randy Januarie, Morné Visser, Rayno von Schlicht (agter) en Pietie Beyers en Conradie van Heerden (voor) is in die movie Wesens te sien.  ~ Peter Abrahams

WESENS is ’n movie wat jou regop gaan laat sit en dink oor jou herkoms en die idees rondom jou herkoms.

Ek het Dinsdagaand die geleentheid gekry om die première-aand van die plaaslike movie Wesens deur die regisseurs Derick Muller en sy vrou, Karin, te kyk.

Die film volg vier agente van die Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensie-diens wat met ’n Super 8- en 16 mm kamera ’n voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ’n plaas in die Karoo geland het.

In die persverklaring word die movie beskryf as een wat jou tot op die laaste oomblik sal boei. En dit is die reine waarheid. Die movie is so geskep dat jy die heeltyd wonder wat volgende gaan gebeur. Tot heel aan die einde sal jy nie weet waarop die vier beamptes daar in die Karoo op afgekom het nie.

Die dialoog tussen die karakters is intelligent, insiggewend en soms skreeusnaaks.

Daar is snaakse oomblikke in die fliek waar veral die akteur Albert Maritz se manewales jou gaan laat skaterlag en dan is daar oomblikke in die fliek wat jou opvoed en laat dink.

Gesprek

Vir my is hierdie ’n movie wat enige dag kan dien as ’n geskiedenisles oor herkoms en identiteit.

Die aktrise Randy Januarie, wat in die movie speel, meen die movie open ’n gesprek wat nodig is in SA.

“Hierdie movie is belangrik. Ons moet hieroor praat. Ons kan nie langer wegskram van hierdie gesprekke nie.”

Die rolverdeling van die film sluit bekroonde Suid-Afrikaanse akteurs soos Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) en Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvesters, Dis Ek, Anna) in.

Dit begin op 23 Oktober in teaters landwyd draai.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters