12 dae gelede
Oe, baby, dis so!
HAAI DAAR! Tali Shapiro (Julia Anastasopoulos, oftewel Suzelle DIY) is terug in Tali’s Baby Diary.  ~ Foto Verskaf

TALI is terug. En dié keer verwag sy!

Showmax het vandeesweek aangekondig sy heel eerste oorspronklike program, wat in 2017 uitgereik is, Tali’s Wedding Diary, gaan nou ’n sequel kry.

Tali’s Wedding Diary het in 2019 vyf Saftas opgeraap – en nou kan ons gereed maak vir Tali’s Baby Diary.

Die verfilming het reeds in Kaapstad begin.

Dié keer is die skreeusnaakse Tali verwagtend en sy is vasbeslote om ’n momfluencer te word.

Grapjas

Tali Shapiro word gespeel deur die talentvolle komediant en TV-persoonlikheid Julia Anastasopoulos, beter bekend as Suzelle DIY.

Daar is ook ’n paar nuwe – maar tog bekende – gesigte.

Die rolverdeling sluit in die grapjas en sosialemedia-persoonlikheid Coconut Kelz, die Suid-Afrikaanse sanger Danny K, die komediant Schalk Bezuidenhout en die kome­diant en akteur Siv Ngesi.

Die aktrise Shamilla Miller en die akteur Deon Lotz gaan ook in Tali’s Baby Diary verskyn, asook die stand-up comics Kate Pinchuck, Kurt Schoonraad en Tracy Klass.

Bekende gesigte wat in Tali’s Wedding Diary was, maak ook in die opvolg ’n verskyning.

Lara Toselli speel weer Tali se frenemy Gabi, en die tweemalige Fleur du Cap-wenner Guy de Lancey vertolk die rol van Tali se derra.

Die Fleur du Cap- en Safta-bekroonde Kate Normington is Michelle, Tali se ma, wat ’n midlife crisis ervaar oor sy ’n ouma gaan word.

Die skreeusnaakse program sal in Maart op die kassie te sien wees.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters