4 dae gelede
Nuwe telenovela vir kykers
Aktrise: Kim Syster is binnekort as Rochelle Williams in Die Sentrum te sien.Foto’s Verskaf  ~ 

’N NUWE plaaslike telenovela gaan binnekort jou hart steel.

Die Afrikaans/Xhosa-program, Die Sentrum, is van 8 April elke Donderdag en Vrydag op SABC2 te sien.

Ek het julle mos vroeër vertel SABC2 se gunsteling-sepie, 7de Laan, gaan van April af net drie dae ’n week uitgesaai word – Maandae tot Woensdae.

Wel, Die Sentrum is van April af Donderdae en Vrydae in daardie tydgleuf.

Dit handel oor agt uiteenlopende beraders wat werk in ’n call centre waar ’n hulle inbellers met hul persoonlike kwessies help. Maar die beraders het natuurlik ook hul eie issues en tissues.

Die reeks ondersoek interessante scenario’s van ’n maatskaplike werklikheid wat aan ons in Mzansi bekend sal wees.

Die inbellers se stories gee in elke episode ’n kykie na die maatskaplike realiteit in Suid-Afrika.

Die karakters se vriendskappe, karakterfoute en bakleiery verleen tekstuur en soms humor aan die program wat die kyker koue rillings sal gee.

Alkoholisme, huishoudelike geweld, secret lifestyles en ’n desperate soeke na liefde is van die onderwerpe waarmee die beraders moet deal – oor die foon sowel as in hul persoonlike lewe.

Veroordeel

Die Sentrum het ’n unieke konsep,” vertel Mandilakhe Yengo, regisseur.

“Ons het nog nie ’n dramatiese reeks gehad wat handel oor ’n krisis-oproepsentrum nie.

“Die beraders is nie daar om die callers te veroordeel nie, maar om hulle te help in hul tyd van nood.

Die Sentrum het ’n briljante rolverdeling wat insluit Carmen Maarman, Chumani Pan, Keeno-Lee Hector, Esihle Mkosana, Randy January, Zenobia Kloppers, Stiaan Bruwer, Dustin Beck, Thokozile Ntshinga en Kim Syster.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters