10 dae gelede
Nuwe prinsessie is na queen vernoem
GESIN: Meghan en prins Harry se seun seuntjie, Archie, is ’n sussie ryker.  ~ Getty Images

WELKOM in die wêreld, baba Lilibet Diana Mountbatten-Windsor!

Koninklike baba nr. 2 is hier ná ’n hobbelige paar maande vir haar ouers, Harry en Meghan.

Die hertog en hertogin van Sussex verwelkom Archie se babasussie.

Die klein prinses is op 4 Junie gebore en is vernoem na haar oumagrootjie, die koningin, en haar oorlede ouma, prinses Diana.

’n Verklaring is uitgereik om die aankoms van die jongste familielid aan te kondig.

“Dit is met groot trots dat prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, hul dogter, Lilibet “Lili” Diana Mountbatten-Windsor, in die wêreld verwelkom.

“Die moeder en die kind is gesond en gaan huis toe.”

Gebede

In ’n persoonlike boodskap het Meghan en Harry hul opgewondenheid en dank uitgespreek vir die aankoms van hul pragtige en gesonde dogter.

“Op 4 Junie is ons geseën met die aankoms van ons dogter, Lili. Sy is meer as wat ons ooit kon dink en ons bly dankbaar vir die liefde en gebede wat ons van oral in die wêreld gevoel het.”

Daar is natuurlik nog nie foto’s van die kleine Lili nie, maar Harry en Meghan het al voorheen gesê dat hulle nie foto’s van hul dogtertjie gaan deel nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters