2 maande gelede
Nuwe Mnr. SA gekroon
Nuwe king: Ntando Lurwengu is Saterdagaand as Mnr. Suid-Afrika gekroon.  ~  instagram

DIE nuwe Mnr. Suid-Afrika, Ntando Lurwengu (23), glo as jy die mind van ’n kind kan beïnvloed, kan jy die toekoms verander.

Die aantreklike BCom-gegradueerde het Saterdagaand in Johannesburg die Mnr. Suid-Afrika-kroon by Hannes van der Walt oorgeneem. Steph Jansen van Vuuren is as naaswenner gekroon, terwyl Anton Siebert in die derde plek geëindig het.

Ntando het in ’n post op Instagram gesê dat hy die harte en lewens van kinders wil aanraak.

“My doel en saak is om gedurende my reign as Mnr. Suid-Afrika toegang tot hulpbronne vir kinders so jonk as graad 1-leerders te skep.

Bevorder

“Ek wil hê hulle moet dieselfde of soortgelyke opvoedkundige geleenthede hê soos wat ek gehad het.

“Hierdie geleenthede kan hulle toegang gee tot ekonomiese geleenthede wat nie net hul lewe nie, maar ook die lewe van ander kan bevorder.

“Die werk om dit ’n realiteit te maak, begin nou.”

Die glansgeleentheid is deur die pragtige aktrise Nicole Bessick aangebied. Die veelbekroonde sangeres Yvonne Chaka Chaka, die voormalige titelhouers Billy Brown (Mnr. Mpumalanga) en Marlene Reddy-Ribeiro (Mev. SA 2016 se second runner-up) was die beoordelaars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters