3 maande gelede
Nuwe liedjie is oor sy genade
RONELLE
BEMOEDIG: Ronelle Roberts­ se liedjie “I’m Saved­” handel oor God se genade.  ~ Foto Verskaf

“EK IS so opgewonde om my nuutste single, ‘I’m Saved’, uit te reik.”

Die gospelsangeres Ronelle Roberts sê die lied praat oor die genade van die Here wat so groot in ons lewe is.

“Toe alles wanhopig in my lewe was, kom die Here en gee nuwe lewe en kanse, want aan sy liefde is geen einde nie.”

Sy verduidelik hoe sy die lied geskep het.

“Ek was in die studio saam met my producer, Marco van der Merwe, toe hy my vra om ’n lied te skryf.

“Ek was so op my senuwees en het ook die dag my liedere by die huis vergeet.

“Maar God het ’n ander plan gehad.

“Dit is tóé dat ek die lied geskryf het.”

Die sangeres vertel verder: “Hierdie lied is deur my kinders geïnspireer.

“Daar was baie tye waar ek getwyfel het, maar toe tel die liefde van Here my op en gee my ’n tweede kans.

“Vandag stap ek in totale oorwinning en is so dankbaar vir my seëninge.”

Sy sê: “Moet nooit opgee nie.

“Bly glo dinge sal op die regte tyd vir jou in plek val.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters