13 dae gelede
Nuwe huisvroue op kassie
Vol vuur: The Real Housewives of Durban begin wys op 29 Januarie. foto verskaf  ~ 

IS JULLE gereed vir The Real Housewives of Durban?

Die Housewives-franchise het uitgebrei na die volgende stad nadat The Real House­wives of Johannesburg so goed gevaar het.

Nou gaan ons die spicy en feisty vroue van Durban ook later in Januarie op ons kassies te sien kry.

Ons gaan ’n kykie kry na die posh lifestyles van vroue wat nie skroom om net die beste materiële dinge vir hulself te kry nie.

Die DStv-kanaal 1Magic het die cast in ’n amptelike persverklaring beskryf as “sassy, spicy and salty”.

Maar wag, julle stel seker belang om te hoor wie die vroue is wat hul lavish lewe op ons kassies gaan afshow.

  • Die music mogul Ayanda Ncwane, weduwee van die gospelsanger Sfiso Ncwane. In die sosiale media is Ayanda bekend vir haar modes. Sy het ook haar eie maatskappy waar sy kunstenaars bestuur.

Ryk

  • Dan is daar Nonku Wil­liams, stigter van die Ashes to Beauty Winery. Dié mammie van drie het ook ’n vingertjie in die boubedryf.
  • Kgomotso Ndungane is die baas van ’n maatskappy wat vir die ryk en famous cater. Sy is getroud met die oud-Sharks- en Springbok-vleuel Odwa Ndungane.
  • Die mooie Sorisha Naidoo is ’n sakevrou én DJ. Sy is die vrou van die skatryk sakeman Vivian Reddy.
  • Oudpres. Jacob Zuma se voormalige verloofde Nonkanyiso Conco is ook een van die sassy vroue. Die twee het ’n kind saam. Behalwe haar veelbesproke (lees: omstrede) bande met die Zoomster, is sy ’n sakevrou en ’n motivational speaker.
  • Laastens is daar Ann-Toni Ludick, die baas van haar eie dansagentskap.

Dié interessante reality show begin 19:00 op 29 Januarie op 1Magic (DStv se kanaal 103).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters