23 dae gelede
Nuwe drama op die kassie
OPWINDEND: Hierdie akteurs speel in Ekstra Medium.  ~ Foto Verskaf

’N NUWE reeks, Ekstra Medium, het verlede week op TV begin.

Dis ’n ligte drama en ’n redelik nuwe genre waarin die lig en donker van die lewe mekaar deeglik omarm en dieper temas deur humor en drama ontgin word.

Die akteurs wat daarin te sien is, is Wilhelm van der Walt, Cintaine Schutte, Marvin-Lee Beukes en Llandi Beeslaar.

Ekstra Medium word Dinsdae 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Mense behoort ook te hou van Kompleks, wat verlede week begin het.

Louis Pretorius, medeskepper van dié reeks, noem dit ’n coming of age-storie.

“Dis ’n ligte drama in die klassieke styl van reekse uit die 1990’s, soos Dawson’s Creek en My So-Called Life,” sê Louis, wat saam met Albert Snyman vir reekse soos Die Boekklub en Fynskrif verantwoordelik is.

“Die reeks het sy ontstaan uit tienerwees en die onvermoë om te sê wat ’n mens werklik voel; ’n kollektiewe geheue uit ons almal se grootword in die 1990’s wat na 2019 verplaas is.”

Arthur Falko, Melissa Myburgh, Roeline Daneel, Armand Aucamp, Greta Pietersen en Ivan Botha speel daarin.

Kompleks is Dinsdae 20:30 op kykNET te sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters