2 maande gelede
Noord-Kaap oppie TV
Kom gou: Nêrens, Noord-Kaap sal van 31 Augustus 2021 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.  ~ Skermgreep/Facebook

DIE bekroonde teaterstuk Nêrens, Noord-Kaap kom binnekort na die kassie.

Die DStv-kanaal kykNET het hierdie week aangekondig dat dié teaterstuk in ’n volwaardige reeks verwerk is.

Oor die volgende paar weke gaan kykNET ’n rits lusmaker­video’s onthul.

Nêrens, Noord-Kaap begin 20:00 op 31 Augustus op kyk­NET (DStv-kanaal 144).

Dié familiedrama is gegrond op die teks van Nico Scheepers en deur hom en Saartjie Botha vir televisie verwerk.

Verklap

Die produksiespan agter die skerms is Nagvlug Films (Skemerdans, Hotel).

In ’n onlangse onderhoud op Bravo! het De Klerk Oelofse, wat een van die rolle vertolk, verklap dat Frank Opperman en Tinarie van Wyk-Loots ook in die rolverdeling is.

Maar kykNET is nie bereid om veel meer as hierdie nuus bekend te maak nie.

Daar is wel belowe dat die kanaal op Vrydag 30 Julie die amptelike lokprent gaan onthul. Die rolverdeling sal ook dan bekendgemaak word.

Jy kan solank die heel eerste lusmakervideo van Nêrens, Noord-Kaap met pragtige natuurtonele van die Noord-Kaap in ons sosiale media gaan uitcheck.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters