2 maande gelede
Nolan dra die kroon

“EK HET gedink ek is besig om te droom!”

Dít is hoe Nolan Europa gevoel het toe hy Maandagaand as die wenner van die tweede aanlyn Lag My Kla-kompetisie by die Suid­oosterfees-inryteater gekroon is.

“Dit was ’n fantastiese kompetisie. Ek het so hier en daar ’n paar uitdagings gehad.

“Ek voel fantasties en ek is trots op myself.”

Nolan sê die kontantprys kom nou goed te pas vir sy meisiekind se toekoms.

“My dogter gaan volgende jaar by CPUT studeer en die geldjie kom nou op die regte tyd.”

Hy voeg by dat hy nog altyd mense wou laat lag het.

“Hierdie kompetisie was vir my net ’n groot hoogtepunt in my lewe.

“Ek het geleer hoe om myself te wees en nie ongemaklik rondom en voor mense te wees nie.”

Hoogtepunt

Gabriel Plaatjies, een van die naaswenners, vertel hoe die kompetisie hom gehelp het.

“Ek het baie selfvertroue aangeleer om hierdie kunsvorm as ’n loopbaan te volg.

“Ek voel steeds die effects van die kompetisie en ek is opgewonde oor die toekoms.”

En wat was Gabriel se hoogtepunt van die kompetisie?

“Dit was beslis die aand van die kompetisie.

“Ek en my mentor het nog die heeltyd alleen saamgewerk.

“Dit was kwaai om saam met mense op die verhoog te wees wat stand-up comedy vir ’n lewe doen.

“Ek het ook die voorreg gehad om saam met elkeen van die drie komediante te gesels en hulle brains te pick. Ja, dit was vir my ’n groot voorreg.

“Die insig wat ek gekry het by Shimmy Isaacs, by Francois van As en my eie Lunga Tshuka is iets wat my altyd sal bybly.”

Son wil ook baie dankie sê vir ons getroue lesers wat volstoom hierdie kompetisie ondersteun en vir hul gunsteling-deelnemer gestem het.

Hier is die gelukkige lesers wat pryse gewen het;

Die wenners van die grocery vouchers:

Merly Abrahams

Delrois Stevens

Louise Petersen

Chrizelda Piet

Jacky van Rooyen

Die wenners van die elektrisiteit- of databewyse:

Lillian Kruis

Sybil Europa

Chevonne Parsons

Graydon Adonis

Garth Schroeder

Vanessa van Zyl

Lauren Walker

Desiree Passencenz

Lezanne Sandan

Marlon Green

Kaashiefa Chandler

Priscilla Oliver

Julian Petersen

Charlene Bailey

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters