6 dae gelede
Nóg vier mooi manne in die mix gegooi!

NET toe ons dink ons heel eerste bachelorette, Qiniso van Damme, het ál die mans vir die seisoen ontmoet, daag daar Donderdagaand ’n Hummer-limo met nog mans op.

Dié vier mans het hulle aangesluit by die groep mans wat reeds die beeldskone bachelorette ontmoet het. The Bachelorette SA sorg dus sommer al baie vroeg vir lekker verrassings.

Hier is die vier ouens wat opgedaag het:

  • Nadat hy aan die Universiteit van Kaapstad graad gevang het, het hy ’n paar jaar oorsee deurgebring. Nou is die digitale bemarker terug om die liefde van sy lewe te soek.
  • Die Johannesburger het laas jaar sy kwalifikasie in sosiale entrepreneurskap voltooi. Hy wil kinders met ’n leergebrek help om hul volle potensiaal te bereik.
  • Dié filmmaker is van Johannesburg. Hy speel toneel, vervaardig, skryf en direct. Cameron besit ook saam met sy tjommie Kagiso Rabada ’n vervaardigingsmaatskappy.
  • Hy is ’n Johannesburger van geboorte, maar bly die afgelope sewe jaar in Kaapstad. Hy is barman, deeltydse kitaarman, vryskut-skuba-duiker en ’n liefhebber van motorfietse.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters