18 dae gelede
Nog een vir Jean-marc!
jean-marc johannes,skaatsplank
TOPS: Jean-marc Johannes spog met sy sertifikaat vir sy prestasie in ’n virtuele Pro Skate-kompetisie.  ~ 

DIE Suid-Afrikaanse skateboard-ster Jean-marc Johannes het nóg ’n rekord laat spat!

Jean-marc het in die virtuele Pro Skate-kompetisie die Global International Podium bereik. 

Die kompetisie is aangebied deur die Indonesiese departement van sport.

Skateboarders van oor die wêreld heen het almal video’s ingestuur waarin hulle hul toertjies afshow.

Die beoordelaars het net die bestes gekies uit die meer as 200 video’s wat hulle ontvang het. En julle, onse Jean-marc het die top-posisie behaal! 

Geskiedenis

Die skateboard-sensasie deel sy vreugde saam met ons: “Ek is baie verheug dat ek dit vir my land tot op nog ’n podium gemaak het nadat ek ’n Guinness-wêreldrekord ver¬beter het.

“Ek sien uit daarna om voort te gaan met my voorbereiding vir die Olimpiese Spele in 2021.

“Ek het nou die meeste internasionale podiums bereik en het die meeste Guinness wêreldrekords in die geskiedenis van SA street skateboard-ing agter my naam.”

Jean-marc, ons hou duim vas vir jou vir die Olimpiese Spele.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters