10 dae gelede
Nathan se song is nr. 23
SANGER: Nathan Daniels se nuwe song is “I Choose”.  ~ Foto Verskaf

NATHAN Daniels se nuutste single, “I Choose”, het dit in Engeland tot op nommer 23 gemaak.

Dié Suid-Afrikaner het die song in Augustus uitgereik.

Hoewel die song van hom geverg het om uit sy gemaksone te beweeg, was dit ook vir hom bekend en baie natuurlik.

Die singer-songwriter het in die vroeë 2000’s na die Baleariese Eilande in Spanje getrek waar hy aanvanklik gehuur is om ’n stage performer in die toeristebedryf te wees. Hy het later sy vrou ontmoet en saam het hulle ’n vermaaklikheidsagentskap begin waar hulle diverse kunstenaars van regoor die wêreld gewerf het.

Nathan se songs kan op allerhande digitale platforms soos Spotify, Google Play en iTunes afgelaai word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters