12 dae gelede
Natasha pak kroonreis aan
OPGEWONDE: Mej. Heelal Suid-Afrika het gister na Amerika gereis vir die Mej. Heelal-kompetisie wat later vandeesmaand plaasvind.  ~ Foto Verskaf

MEJ. Heelal Suid-Afrika, Natasha Joubert, is gister sak en pak weg om Suid-Afrika in die Mej. Heelal-kompetisie in Amerika te verteenwoordig.

Dié internasionale kompetisie is laas jaar uitgestel weens die wêreldwye Covid-19-pandemie. Dit het van onse goue meisie, die huidige Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, die queen gemaak wat dié kroon die langste gedra het. Die 69ste Mej. Heelal-kompetisie vind op 16 Mei plaas in die Seminole Hard Rock Hotel & Casino in Hollywood, Florida, waar Zozibini haar kroon aan haar opvolger gaan oorhandig.

Ondersteun

Die ganse Suid-Afrika hou duim vas dat Zozi haar kroon aan haar beeldskone landgenoot Natasha moet oorhandig. Natasha is tot dusver reeds een van die gunstelinge om die Mej. Heelal-kroon te dra. Missosology.org het haar onder die topvier-gunstelinge geplaas.

Natasha het ’n foto in die sosiale media geplaas en in die byskrif geskryf hoe opgewonde sy is om Suid-Afrika in die kompetisie te verteenwoordig.

“Ek vlieg op 3 Mei. Ek kan nie my opgewondenheid keer nie. Dankie aan elke liewe mens wat my ondersteun en soveel liefde met my deel. Suid-Afrika, hier gaan ons!”

Bring dit vir ons huis toe, Natasha!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters