11 maande gelede
Nagtegaal gee hulp
Amy Jones Foto: Paarl Post  ~ 

JY KAN die talent­volle sangeres Amy Jones se pragtige stem Donderdagaand in ’n intieme Live Lounge-sessie hoor.

Die “You and Me”-sangeres gaan ook nie alleen wees nie. Ander uitmuntende Kaapse sangers soos Vuvu Kumalo, Jodi Frede­ricks, Seve Musickid en Tarsha Adams kom ook na die Live Lounge Sessions-verhoog in die 44 On Long Theatre in die Kaapse middestad.

Die kersie op die koek is dat dit alles vir ’n goeie saak is. Die opbrengs van dié charity event word geskenk aan die KA Foundation.

Dié stigting gaan sedert laas jaar uit sy pad om ’n helpende hand aan bejaardes, jeugtehuise en shelters in gemeenskappe soos Capricorn, Retreat, Steenberg, Parkwood en West Lake te verleen.

Die stigting gaan in dié gemeenskappe uit en skenk pakkies met kos en higiëniese ware aan bejaardes. Die stigting doen ook jeugontwikkeling.

Amy sê vir haar as kunstenaar is dit baie belangrik om terug te ploeg in die gemeenskap.

“Ek glo dis van kardinale belang om terug te gee aan ons gemeenskap sodat mense beter kan doen.

Opgewonde

“Daar gaan ook ander kunstenaars op die aand wees. Ek gaan heel laaste op die verhoog verskyn.

“Dis so amazing om terug by dié venue te wees, want laas toe ek daar was, was daar ’n sling om my arm weens ’n besering. Maar nou is ek terug en ek is baie opgewonde om my hart en songs saam met julle te deel.”

Kaartjies kos R200 elk en is te kry by Quicket of die venue self. Die deure maak 19:00 oop.

Kom en geniet die talentvolle musikante wat kragte saamsnoer om ’n positiewe bydrae in ons gemeenskappe te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters