14 dae gelede
’n Skrywer gee terug
SKRYWER: Karel Esau het sy lewensverhaal neergeskryf en in ’n kortverhaalboek uitgegee.  ~ Foto Verskaf

“EK KON my lewenstorie aan die wêreld vertel. Dit het baie deursettings­vermoë van my gevat.”

Só vertel Karel Esau trots oor sy kortverhaalboek Die Sondaar en die Vuur.

“Ek kom uit ’n huis van drankverslawing en daar was ’n moord in ons gesin. Daarom was dit nie maklik vir my om die boek saam te stel nie. Ek het dit op ’n geestelike manier geskryf en soms ’n bietjie rowwe woorde laat val.”

Karel sê hy wil jong lesers bemoedig om nie te te verval in hul eie moeilike omstandighede nie.

“Presies soos ek vandag is, het God nog altyd na my omgesien. Hy het my net hoogtes laat bereik.”

Die wins van die eerste 50 boekverkope sal hy aan die Herberg Kinderhuis in Robertson skenk.

“Ek skryf nie om geld te maak nie. Ek skryf om jong kinders te bemoedig wat dalk deur dieselfde probleme gaan.”

Bestel jou boek by Karel by 076 865 4664.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters