11 dae gelede
Musiek-show maak verskil
STIEK YT: Marshall Har­togh gooi op Saterdag 27 November sy show Like Father Like Son Edition 3.  ~ Foto Verskaf

NÁ TWEE suksesvolle Like Father Like Son-konserte, het die organiseerder Marshall Hartogh besluit dis tyd vir ’n derde show.

Dié Saterdag, 27 November, bied Marshall Like Father Like Son Edition 3 by Die Khoi, 32 Railway­straat, Paarl-Suid, aan.

“Die idee is om vaders te inspireer om daardie rolmodelle vir hul kinders te wees,” verduidelik Marshall sy konsep.

“Kinders kyk op na hul vaders en copy wat hulle doen. Dit hoef nie musiek te wees nie, dit kan ook iets anders wees. Die belangrikste ding is die rol wat vaders in hul kinders se lewe speel.

Skenk

“Dit is ook die geleentheid waar die Marshall Hartogh Junior Foundation ’n musiekinstrument aan ’n opkomende musikant skenk.”

Musikante wat gaan optree, is Marshall Hartogh en sy seun, Hiram Hartogh, en Graham Hendricks en sy seun, Xavier Hendricks.

Dit is ook die geleentheid waarmee Die Khoi sy eerste bestaansjaar vier.

Die Khoi is die venue en platform wat aan opkomende musikante ’n geleentheid gee om te ontwikkel. So, daar gaan ook ’n nuweling met haar talente kom afshow.

Kaartjies kos R100 elk en is by die hek beskikbaar. Jy kan ook 072 374 9673 skakel.

Daar is braaigeriewe. Bring gerus jou kampstoele saam. Streng Covid-19-protokol sal gevolg word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters