5 dae gelede
Museum hou jolyt
Digter: Die geliefde woordkunstenaar Diana Ferrus gaan ook by die Taalmonument se piekniekkonsert optree.  ~ Verskaf

DIS die begin van die festive en dis piekniektyd...

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl in samewerking met die Historium-trust en die DAK Netwerk bied op Woensdag 1 Desember ’n opwindende Piekniekkonsert aan.

Die Paarl se eie sangsensasies Marco Mentoor en Clarissa Benjamin gaan julle met hul uitsonderlike talent vermaak. Die immergewilde The Rockets gaan ook optree.

Daar gaan ook voordrag deur die bekende digter, skrywer en storieverteller Diana Ferrus wees.

“Met dié geleentheid wil ons die fokus plaas op die geskiedenis van slawe, hul nageslagte en moderne slawerny, en ook die vrystelling van slawe hier in die Kaap op 1 Desember 1834 herdenk,” sê Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

Verken

“Die opbrengs sal ten bate van die DAK Netwerk se beursfonds vir studente aangewend word.”

Die gaste kan reken op ’n beeldskone skemeraand en hulle kan boonop die ikoniese monument vir een van Afrika se jongste tale gratis verken en bewonder.

Bring jou piekniekmandjies en drankies saam. Toegang is R50 per persoon. Kaartjies is vooraf by Computicket te koop.

As daar nog kaartjies oor is, sal dit op die aand te koop wees.

Hekke open 17:00 en die verrigtinge volg van 18:00 tot 20:30.

Kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of bemarking2@taalmonument.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters