16 dae gelede
Musa Mseleku se trane rol
Gooi paartie
Musa Mseleku het trane gestort toe sy vroue vir hom 'n suprise paartie gegooi het.  ~ Verskaf

Die aanbieder en Uthando Nes’thembu realiteitspersoonlikheid Musa Mseleku het die stereotipe dat “regte” mans nie huil nie, gebreek.

Die vorige episode van die show Uthando Nes’thembu wys sy surprise verjaardagpaartjie wat deur sy eerste vrou, MaCele, beplan en by sy vierde vrou, MaNgwabe, se leefstyl-venue gehou is.

Die reality star was so geraak deur die gesture van sy vroue dat hy in trane uitgebars het toe sy vroue hul toesprake lewer.

Sosiale media-gebruikers het die ster bewonder oor hy nie skaam was om sy emosies te wys nie.

Een gebruiker het geskryf: “Ek is so bly dat Mseleku op televisie gehuil en daarmee gehelp het om die stereotipe te breek dat mans nie huil nie. ’n Man wat gemaklik is om sy gevoelens uit te druk, is ’n regte man.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters