19 dae gelede
Moordriller huldig Ceagan
BINGE DIT: Skemerdans, ’n reeks van 13 episodes, is van vandag af op Showmax te sien.  ~ Foto Verskaf

“HY HET ’n fantastiese job gedoen om lewe te gee aan sy karakter.”

Só vertel die bekroonde aktrise Ilse Klink oor wyle Ceagan Arendse (34) se rol in Skemerdans, wat vandag op Showmax launch.

Ceagan, wat voorheen die rol van Woelag in Arendsvlei gespeel het, het vroeër vanjaar sy eie lewe geneem.

Die talentvolle akteur het nog laat laas jaar aan die reeks van 13 episodes geskiet.

Skemerdans is ’n neo- noir-moor­d­raaisel wat hom in die jazzklub Oasis op die Kaapse Vlakte afspeel.

Die klub is die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n woedende weduwee en ’n georganiseerde misdaadsindikaat.

Ceagan vertolk die rol van een van die hoofkarakters in Skemerdans.

Hy speel die swartskaap van die Fortune-familie.

“Warren Fortune probeer alles om bo uit te kom, maar hy praat nie die waarheid nie en hy verdraai stories om hom te pas.

“Hy moet die hele tyd scheme­ om dinge reg te kry,” vertel Ilse, wat die rol van die weduwee Shireen Fortune in die reeks vertolk.

“Hy is ’n smooth talker en hy is always on the go.”

Sy voeg by: “Hy was ’n wonderlike, fantastiese akteur.

“Hy was so professioneel en het baie gegee om sy karakter perfek te vertolk.

“Dit is tragies dat hy nie meer hier is nie.

“Dit was ’n wonderlike geleentheid om met so ’n professionele akteur te werk.

Sterbelaaide

Sy sê verder: “Skemerdans is iets wat ons nog nooit voorheen op ons skerms gesien het nie.

“Dit is ’n unieke storie wat baie mooi geskiet is.

“Jy gaan ingetrek word deur die ­storie, karakters en veral die misterie.”

Die sterbelaaide rol­verdeling van Skemerdans sluit in: Kevin Smith (Isidingo), Brendon Daniels (Sara se Geheim, Arendsvlei); die Safta-benoemde Vinette Ebrahim (7de Laan); Carmen Maarman (Arendsvlei, Lui Maar Op, Belinda­); die opkomende ster Trudy van Rooy (Die Byl); Sanda­ Shandu (The Kissing Booth) en Mbulelo Grootboom (Sara se Geheim, Projek Dina).

Verder is daar die Comics’ Choice-benoemde Carl Weber; Kim Syster (Binnelanders, Suidooster); Bongo Mbutuma (Die Spreeus, Erfsondes) en Danny Ross (Nommer 37, Arendsvlei, Suidooster).

Skemerdans is opgedra aan die herinnering van Ceagan se lewe. Dit is op Showmax te sien.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters