13 dae gelede
Molly se stem vir altyd stil
molly baron
RIV Molly Baron  ~ 

Die begaafde Molly Baron, oudlid van die gewilde Kaapse band The Rockets, se sielvolle stem is vir ewig stil.

Molly het na bewering gister afgesterf.

Huldeblyke stroom intussen in vir die musieklegende.


Alistair Izobell skryf op Facebook: "My liefste vriend Molly, dankie vir jou bydra tot Suid-Afrikaanse musiek. Jou kennis, vriendelikheid en liefde. Vlieg vry met die engele. My hart is gebreek."



Ameen Levy oftewel Rappin Donkey skryf: "Baie hartseer nuus vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf dat Molly die eerste drummer van The Rocketts oorlede is.

"Molly is die meester agter Rappin Donkey. Hy het die eerste twee CDs produce."

Hy voeg by:"God seën jou siel Molly."

*Storie sal opgedateer word soos nuwe inligting in kom.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters