17 dae gelede
Mol vir laaste shows
HOPE PRET: Die dansers wys hul moves in die dansproduksie Ekstr-r-r-avaganza.  ~ Foto Verskaf

DIE Suidoosterfees loop hierdie naweek ten einde­, maar daar is nog meer as genoeg tyd vir jou om ’n paar shows te kyk. Hier is die shows waarna jy dié naweek­ kan kyk.

) Al Dra ’n Aap ’n Goue Ring

1 Mei 11:30

Met Margo Kotze, Eldon van der Merwe, Veronique Jephtas, Conradie van Heerden en Melissa Myburg­.

Nadat Debbie, ’n bejaarde wit vrou, ’n problematiese foto op Facebook laai, word sy die mees gehate vrou in die land. Darren, ’n bruin joernalis, probeer by die kern van die verhaal uitkom.

Debbie moet aan hom én Suid-Afrika bewys dat sy nie ’n rassis is nie.

) Hartstories van Ons Land se Boere

1 Mei 13:00

Met Ivor Price, Kobus Louwrens, Alfreda Mars en Whernit Dirks. Terwyl die gronddebat voortwoed, stel dié boek ons bekend aan die mense wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef.

Ivor Price en Kobus Louwrens bied ’n deernisvolle blik op boere se stryd, hartseer én hoop.

) Ekstr-r-r-avaganza

30 April 20:00, 1 Mei 14:30 en 20:00, 2 Mei 14:00 en 18:00

Die Suidoosterfees bring met trots ’n grensverskuiwende produksie aan waarin die beste van alle genres in een vertoning bymekaarkom.

Daar is alles van sirkustoertjies tot dans, van klassieke musiek en ballet tot sang en komedie.

) Drome Het Vlerke

1 Mei 20:00

Met Frazer en Deniel Barry, Breyten Treurnicht, Brumelda Bell, Nicol Klopper­, Gabriel Plaatjies, en Naaim Briesies.

Hierdie musiekproduksie bekyk die ervarings, uitdagings en drome van vyf jong liedjieskrywers van verskillende agtergronde.

Drome moet onder uitdagende omstandighede lewend­ gehou word. Die liedjieskrywers se oorspronklike materiaal en komposisies is onder leiding van Frazer Barry verfyn. Dit kom uit die eerste liriekskryfskool in 2020.

Dié show word deur die Jakes Gerwel­-stigting­ aangebied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters