Verlede jaar
‘Moffie’ is aanlyn om tuis te kyk
KYK NOU: Die local movie Moffie is nou aanlyn beskikbaar.  ~ Foto Verskaf

JULLE kan nou die plaaslike movie Moffie aanlyn kyk.

Moffie, die storie van ’n jong dienspligtige wat sukkel om in apartheid-Suid-Afrika se weermag te oorleef midde sy persoonlike stryd met homoseksualiteit, is nou aanlyn beskikbaar.

’n Volgehoue beroep vir sosiale distansiëring – en nou die staat van inperking oor die hele Suid-Afrika om die verspreiding van Covid-19 onder beheer te kry – het produksiemaatskappye oor die wêreld heen genoop om alternatiewe maniere in te span om gehore te lok. So ook het die span agter Moffie planne gemaak.

Die fliek se vervaardiger, Eric Abraham, en regisseur, Oliver Hermanus, het reeds ’n paar weke gelede met ’n plan B begin.

Dit sal verseker dat mense dié gerekende film tuis kan kyk.

“Ons wil regtig hê dat almal Moffie moet sien. En die laaste paar weke het ons ’n plan daargestel om die fliek aanlyn beskikbaar te maak om in die veiligheid van jou eie huis te kyk,” sê Hermanus.

“Jy moet tuisbly, so ons hoop ons kan jou minstens vermaak.”

Geldig

Daar is ’n paar goed om van kennis te neem voordat jy ’n kaartjie koop om aanlyn te kyk:

Kaartjies kos R150 per vertoning en is vir 24 uur geldig. Die fliek kan net een keer van begin tot einde gekyk word.

Hoewel jy in dié 24 uur die fliek kan stop en dan verder speel, kan jy nie die blad toemaak of herlaai nie. So ook kan jy nie jou rekenaar afskakel nie. Jou sessie sal verlore wees en jou kaartjie ongeldig.

Besoek moffiefilm.com/stream om die film nou aanlyn te kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters