16 dae gelede
Minnie word ’n mammie
MAMA JONES: Minnie Dlamini is swanger met haar en haar man se eersteling.  ~ Instagram

DIE aktrise Minnie Dlamini Jones en haar man, Quinton Jones, verwag ’n baba.

Die TV-persoonlikheid het die naweek die blye nuus aangekondig. Sy het sommer haar man in die dieselfde post gelukgewens met sy verjaardag.

Die egpaar, wat in 2017 voor die kansel gestaan het, is baie opgewonde oor hul eersteling se koms.

Rok

Sy’t ’n foto gepost waarop sy in ’n pragtige bruin tradisionele rok staan en haar bababoepie vashou.

“Om ’n familie saam met jou te begin, Mnr. Jones, is ’n droom wat waar geword het.

“Ek kon nie ’n beter man gekies het om die pa van my kind te wees nie.”

Geluk, mama Jones, mag hierdie vir jou ’n pragtige reis wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters