Verlede maand
Min liefde vir show
OMSTREDE: Leandie du Randt is die aanbieder van Love Island SA.  ~ Foto Verskaf

KAN die tweeps se reaksie oor diversiteit op die nuwe reality dating show Love Island South Africa die rede wees dat een van sy borge onttrek het?

LottoStar se direkteur het Dinsdagmiddag in ’n verklaring op Twitter gesê dat hulle besluit het om die borgskap van Love Island SA met respek te onttrek.

“Ons wens die show en sy deelnemers alle sukses toe,” sluit die verklaring af.

Geen rede is verskaf oor hoekom die maatskappy skielik die hasepad gekies het nie.

Bevraagteken

LottoStar is ook die borg van The Bachelorette SA, wat deur dieselfde produksiemaatskappy, Rapid Blue vervaardig en op M-Net uitgesaai word.

Tweeps was bitter ontsteld oor die deel­nemers, wat net een swart vrou, een swart man en een bruin ou insluit. Die res van die deelnemers is almal wit. Die Twitterverse het toe die show se diversiteit bevraagteken.

Intussen het M-Net Dinsdagaand ook in ’n verklaring op Instagram gesê: “Julle het ons gekritiseer oor die gebrek aan diversiteit en produksiegehalte in ons eerste episode van Love Island SA.

“Ons is jammer – ons het op albei punte nie aan ons gewone standaard voldoen nie. Ons werk onverpoos om dinge reg te stel en die magic te lewer wat julle verdien.”

Die twee episodes van Sondag en Maandag is nog nie op DStv Catch Up nie.

Dit is heel waarskynlik omdat dié episodes steeds LottoStar se branding insluit.

DIVERSITEIT: Tweeps het sommer onmiddellik die show van Love Island SA na #LoveIslandOrania herdoop. Skermgreep: Twitter

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters