14 dae gelede
Miley vertoon haar ‘seksuele kreatiwiteit’
Kreatief: Miley Cyrus gebruik sex toys om haar huis te versier. Foto: pagesix.com  ~ 

MILEY Cyrus versier haar posh mansion met sex toys.

In ’n onderhoud op Barstool Radio het die sangeres gesels oor haar plesier-versierings.

“Ek hou van sex toys. Ek koop dit vir myself, maar dan gebruik ek dit om my huis te versier.

“Ek hou daarvan om kreatief te wees met dié speelgoed. Seks en binnenshuise versiering gaan eintlik hand aan hand.”

Die “Wrecking Ball”-sangeres het natuurlik ’n baie nice huis. Omdat sy tydens die corona-virus-pandemie baie tyd tuis moet deurbring, het sy haar paleis in haar eie heiligdom omskep.

Die 28-jarige superster wat verlede jaar van Liam Hemsworth geskei het, sê al is sy in afsondering, is haar liefdeslewe glad nie op halt nie.

“Ek doen baie FaceTime-seks. Dit is die veiligste soort seks. Ek is nie van plan om Covid te kry nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters