Verlede maand
Mila, Ashton nie fans van elke dag was
Gesin: Mila Kunis en Ashton Kutcher sê hulle was net hul kinders as hulle vuil is.  ~ Twitter

DIE akteurs Ashton Kutcher en Mila Kunis stres nie nog hul kroon te veel uit oor badtyd nie.

Die egpaar het onlangs by Dax Shepard en Monica Padman op hul podcast Armchair Expert gebieg dat hulle net hul kinders, Wyatt Isabelle Kutcher en Dimitri Portwood Kutcher, bad wanneer die vuil merke op hul liggame gesien kan word.

Dax het eerste gesê sy vrou, Kristen Bell, was hul kroos net saans.

Saamgestem

“Jy moenie ontslae raak van die natuurlike olies op jou vel deur dit elke dag met seep weg te was nie,” het Dax toe verduidelik.

Mila het hiermee saamgestem.

“Ek was ook nie elke dag my lyf met seep nie, maar ek was pits, tits, holes en soles,” het sy laat hoor.

Ashton voeg toe by dat hy presies dieselfde doen: “Ek was daagliks net my crotch en niks anders nie.”

Die twee, wat in 2015 getrou het, sê hulle volg dieselfde roetine­ met hul twee kleintjies.

“Hier is die ding, as jy vuilheid op hulle sien, dan moet jy hulle was.

“Andersins is daar geen doel daarin om hulle te was nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters