14 dae gelede
Michael ‘Baie Sexy’ Jordan dra kroon
AANTREKLIK: People het Michael B. Jordan aangewys as die sexy­ste man op aarde.  ~ Getty Images

SOENTOE, John Legend! Die sexyste man ter wêreld is nou Michael B. Jordan.

Die tydskrif People het laas jaar die sanger John Legend die titel as die sexy­ste man in die wêreld gegee. Vanjaar dra die super-yummy Michael Jordan dié titel.

Trots

Die akteur vertel aan Peo­ple dis ’n cool feeling om die titel as die sexyste man te dra.

Hy meen ook die vroue in sy familie gaan definitief trots hierop wees.

“Almal het altyd die joke gemaak dat ek nooit dié titel gaan kry nie.

“Maar dit is ’n goeie club, ouens.

“Ek is bly dat ek ’n lid van dié club kan wees.”

Die net sulke sexy manne­ Dwayne Johnson, Chris Hemsworth, Idris Elba, Adam Levine, Channing Tatum en David Beckham is van die ouens wat ook lede van hierdie gesogte klub is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters