16 dae gelede
Met dié topvyf word Maak My Famous al hoe warmer
hoera! Emo Adams (links) en Tarryn Lamb (regs) saam met die topvyf in die Maak My Famous-kompetisie.  ~ 

UIT daai sowat 8 000 inskrywings wat ingestroom het vir die Maak My Famous-kompetisie is daar nou eindelik ’n topvyf.

Saterdagaand was ’n baie hartseer aand toe ons koebaai moes sê aan twee deelnemers, Spinksie en Jayson Klein­schmidt.

Hoewel Spinksie ’n goeie performance gelewer het toe sy Katy Perry se hit “Roar” gesing het, is sy en die operasanger Jayson huis toe gestuur nadat die kykers gestem het vir wie hulle in die MMF-topvyf wil hê.

Dié week het die deelnemers saam met ’n plaaslike kunstenaar van hul keuse opgetree.

Hoewel elke deelnemer ’n skitterende optrede gelewer het, was daar een deelnemer wat ongetwyfeld vir my uitgestaan het.

Energie

Nee kyk, Reggie B en die bekende plaaslike rapper Early B het die ding laat ruk met “Leka Djy”.

Julle, Early B het baie energie wanneer dit by sy optredes kom, maar Reggie kon byhou by die gevestigde rapper se hoë energie-levels en sy vinnige bars.

Hulle twee saam was ’n lekker vibe!

In die topvyf is dit tans:

  • Die Wesso’s, die drie broers en neefs van George met die mooi stemme en ewe mooi arms.
  • Die man sonder enige bene in sy lyf, DFEATsa, is al danser in die topvyf.
  • Daylin Sass, wat sy stem beter as enige iets ken en gebruik, is ook nog in die stryd om as die MMF-wenner gekroon te word.
  • Reggie B se energie en lekker bars het hom ook ’n plek in die topvyf besorg.
  • Dan is daar Nicoleen Saal met die pragtige, sterk stem.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters