2 maande gelede
Mej. SA gaan wel na Israel
Mooiste
Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, gaan deelneem aan Mej. Heelal, wat in Desember in Israel gehou word.  ~ Foto Verskaf

DIE Mej. Suid-Afrika-organisasie hou vol dat Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, aan Mej. Heelal gaan deelneem.

Dié skoonheidskompetisie gaan op 12 Desember gehou word in Eilat, Israel, waar apartheid tans hoogty vier. Baie mense in die sosiale media is ontevrede dat ’n verteenwoordiger van Suid-Afrika, met sy geskiedenis van onderdrukking, na Israel gaan.

Daar is ook stories versprei dat Lalela uit die 70ste Mej. Heelal-kompetisie onttrek het.

Uitgesproke

Volgens die CEO van Mej. SA, Stephanie Weil, gaan die huidige Mej. Suid-Afrika wel aan die internasionale kompetisie deelneem.

“’n Baie, báie klein, maar uiters uitgesproke groep het probeer en misluk om Mswane se kanse by dié vooraanstaande internasionale skoonheidskompetisie te ontspoor.

“Ons is nie ’n politieke organisasie nie en die Mej. Heelal-kompetisie is nie ’n politieke geleentheid nie.”

Hoewel Stephanie voel dit is net 'n klein aantal mense wat ongelukkig is oor ons Mej. Suid-Afrika na Isreal gaan vir die kompetisie, is daar 'n groot aanvraag op sosiale om die kompetisie te boikot.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters