Verlede maand
Mej. SA-kroon skitter op Lalela se kop
lalela mswane
Lalela Mswane is pas gekroon as Mej. Suid-Afrika.  ~ Kelly-Lee Ohlson

DIE beeldskone Lalela Mswane is Saterdag gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika in die GrandWest-casino in Kaapstad.

Die GrandWest-Arena se dak het amper gelig soos die gehoor opgewonde hande geklap en geskree het toe die aanbieder Anele Mdoda die wenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie vir 2021 aangekondig het.

Die 24-jarige Lalela is 'n danser en regstudent van KwaZulu-Natal.

Dit was 'n baie emosionele oomblik toe Mej Suid-Afrika 2020 Shudufhadzo Musida die skitterende Mej. Suid-Afrika-kroon op die grasieuese kop van haar opvolger plaas.

Dit was 'n tawwe week vir al tien finaliste soos wat die judges hulle tydens pre-interviews, swimsuit-rondes en voorbereidings mooi uitgekyk en beoordeel het.

Die vyf important vroue wat die briljante werk gedoen het om ons nuwe Mej. Suid-Afrika tussen nege ander sterk kandidate uitgekies het, is die huidige Mej. Heelal Andrea Meza, die TV-persoonlikheid, model en aktrise Pia Alonzo Wurtzbach (Mej. Heelal 2015), die sakevrou, die TV-persoonlikheid en Mej. Suid-Afrika 194 Basetsana Khumalo, Mej. Suid-Afrika 2018 dr. Tameryn Green, die aktrise Shannon Esra, die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad prof. Mamokgethi Phakeng en die radio- en TV-persoonlikheid Dineo Ranaka.

Dit was tydens die uitdagende week dat Lalela die paneel van vroue-beordelaars se asems weggeslaan het in die verskeie rondtes. 

Kort voor die aankondiging van die wenner het die Top 3 gedeel watter projekte hul ondersteun. Die ander twee in die top twee was Moratwe Masima 'n 24-jarige mediese dokter van Gauteng en Zimi Mabunzi 'n 26-jarige finalejaar-regstudent van Qonce in die Oos-Kaap.

Ons nuwe mej. Suid-Afrika Lalela gaan ook later vanjaar deelneem aan die Mej. Heelal-kompetisie.

Geluk Lalela, ons wens jou 'n pragtige, produktiewe jaar van jou reign toe! 

misssa
Mej. Suid-Afrika 2021
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters