5 dae gelede
Mej. SA gaan ’n jol wees
MICASA
LAAT ONS DANS: Die gewilde dance band Mi Casa gaan optree.  ~ Foto Verskaf

DIE Mej. SA-glansaand gaan lit wees!

Nie net gaan die top-10 mooiste meisies in Mzansi op die loopplank blink nie, maar van ons grootste sterre in die musiekbedryf gaan op die verhoog skitter.

Die Mej. SA-organisasie het dié week bekendgemaak wie die plaaslike kunstenaars is wat op 24 Oktober gaan optree as die splinternuwe Mej. SA by die Bay-hotel in die Waterfront gekroon word.

Flambojante

Hoewel geen toeskouers toegelaat word nie, het die Mej. SA-organisasie belowe hy gaan steeds ál die glits en glamour, asook plaaslike top-vermaak na die Mej. SA-verhoog bring.

Die bekroonde groep Mi Casa, wat in 2014 by die Sun City-finale opgetree het toe Rolene Strauss gekroon is, gaan vanjaar optree.

Dis ook nie die eerste keer dat die flambojante en talentvolle Sho Madjozi by die Mej. SA-kompetisie gaan optree nie.

Die “Huku”- sangeres het laas jaar by Times Square opgetree toe ons nou Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, as Mej. Suid-Afrika gekroon is.

Die bekende en briljante Kapenaar Jimmy Nevis gaan ook optree asook Ami Faku en Sun-El Musician.

Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie gaan Saterdag 24 Oktober regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters