13 dae gelede
Mej. Heelal trots op haar herkoms
zozibini
BEELDSKOON: Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, kuier vlugtig in Suid-Afrika.  ~ Getty Images

ONSE beeldskone Zozibini Tunzi is vir ’n kort tydjie hier in Mzansi.

En Mej. Heelal is gretig om buite by ’n oop vuur voor die kospotte te staan daar in haar tuisdorp, Tsolo in die Oos-Kaap.

Zozi het haar larney apartment in Amerika verruil vir ’n paar dae hier in haar vaderland, waar sy haar siel kom verfris het.

Dié nederige Mej. Heelal het ’n besonderse foto van haar op haar sosialemedia-profiel gelaai.

Dis een waarin sy ’n kopdoek dra terwyl sy op ’n vuur kos maak.

Herstel

By die foto skryf Zozi sy is net vir ’n rukkie in Mzansi.

Die skoonheid was in Februarie laas hier vir haar home­coming tour.

Sy sê: “Al is dit vir ’n kort tydjie, om huis toe te kom, herstel altyd ’n mens se siel.

“Ná so ’n lang tyd navi­gate ons tans net op trane van vreugde, liefde, warmte, ondersteuning en song.”

Die foto van Mej. Heelal is so eg en sonder fieterjasies, dit maak my hart warm. Dit herinner ons daaraan om ons herkoms te vier en altyd daarop trots te wees. Gelukkige Erfenismaand, julle!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters