15 dae gelede
Meer ‘Koortjies’ vir meer bemoediging
LOER IN: Die akteur Merlin Balie (links) is een van die gaste wat saam met Jonathan Rubain gaan kuier.  ~ Foto Verskaf

DIS weer tyd vir Koortjies met Jonathan Rubain.

Hierdie keer kan kykers uitsien na ’n splinternuwe stel, nóg inspirerende gaste, boeiende stories en lekker aanbiddingsliedere wat jou siel sal vul vir die week wat kom.

Kykers kan ook uitsien na onderwerpe soos die rol wat familie speel, die rouproses as jy iemand aan die dood moes afstaan en hoe om vry te wees van sonde, verslawing en enige kwessies wat jou terughou.

Van die bekende gaste wat kom kuier, is die akteur Dann-Jaques Mouton van Noem my Skollie, Merlin Balie, wat Hein Venter in Arendsvlei speel, die pastoor en eNuus-aanbieder Jenna-Leigh Bilong en biskop Joshua Louw.

“Die eerste seisoen van Koortjies was die begin van TV vir my,” sê Jonathan, die aanbieder van die reeks.

“Ek wou net alles reg doen en versigtig wees. Hierdie keer is ek baie meer vry en kykers sal sien wie Jonathan regtig op die verhoog is. En die nuwe stel ... Wow! Dis beautiful!

Regisseur

“As ek so hoor hoe die show mense bemoedig het en hoe dit mense gehelp het deur moeilike tye, weet ek sommer dié seisoen gaan groter wees.”

Ben Heyns, die show se regisseur, beaam dit: “Ons hoor gereeld wat Koortjies vir die kykers beteken. Dit maak dit soveel meer die moeite werd om nie net méér musiek te bring nie, maar om ook beter inhoud vir die kykers te bring.”

Koortjies met Jonathan Rubain begin weer 4 April 18:00 op kykNET & kie (DStv se kanaal 145).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters