10 dae gelede
Mary wys sy’t oemf
AAN DIE BRAND: Mary J. Blige vang die oog.  ~ Instagram

MARY J. Blige is oud, maar nog lank nie koud nie.

Die sangeres en aktrise het so byna die internet gebreek toe sy dié week witwarm bikini-kiekies gepost het om haar 50ste verjaardag te vier.

Dit lyk asof Mary op vakansie is en haar lyf ’n lekker tyd gee om haar baie spesiale verjaardag te vier. Die “Just Fine”-sangeres het by die see geblink in ’n goue tweestuk en lang blonde braids.

Sy’t ook haar kenmerkende groot oorbelle van haar eie jewellery brand, Sister Love, gedra. En natuurlik was haar abs en sexy kurwes die fokuspunt van die bikini-kiekies.

Stof

Mary J. Blige val in daai spesiale klas van sexy vroue in hul goue jare wat nog vuurwarm lyk.

Mary, Jennifer Lopez (51), Gabrielle Union (48), Halle Berry (54) en Jada Pinkett Smith (49) kan jong meisies soos Kylie Jenner, Cardi B en Saweetie enige tyd stof in die oë skop as dit kom by die beste bikini-lywe.

Kom lekker deur, ant Mary!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters