12 dae gelede
Mary J. Blige is in die hot seat
SKANDAAL: Daar loop stories rond dat Mary J. Blige ’n jong seun jare gelede seksueel misbruik het.  ~ Getty Images

DIT lyf asof daar nog ’n #metoo-celeb-skandaal broei. Dié keer word daar vinger gewys na die sangeres Mary J. Blige.

’n Paar jaar gelede het ’n online blog MadameNoire ’n artikel geskryf oor vroue in dié bedryf wat vorme van seksuele aanranding ervaar het.

In 2011 het Mary J. Blige gedeel dat sy deur ’n destydse familievriend verkrag is toe sy net vyf jaar oud was.

En ná wat sy deurgemaak het, is dit moeilik om die nuus te verwerk dat sy na bewering jare gelede ’n 15-jarige seun gemolesteer het.

Die vermeende slag­offer en house music-kunstenaar Danny Boy beweer die voorval het in 1995 plaasgevind. Mary was toe 24 en hy was ’n tiener.

Hy het gesê dat hulle vir ’n toekenningsgeleentheid New York toe is.

Nadat hulle dit bygewoon het, het hy gesê dat hulle teruggaan het hotel toe.

Suge Knight, ’n producer, het Danny toe genooi om hom in sy suite te kom join.

Hy het gesê toe hy daar aankom, was daar reeds dames aan tafel was en saam met hulle was Mary J. Blige.

Hy sê Suge het hom geroep en gesê Mary wil hom sien. Toe hy glo in die kamer aankom, toe was dinge ’n bietjie weird want Misa Hylton, een van P. Diddy se baby mommas, het met ’n laken­ om haar lyf gesit.

Neergelê

Danny sê hy en Mary het op die bank in die suite gesit en kos en drankies bestel. Kort daarna het iemand aan die deur geklop en Mary het gaan wegkruip, want sy het gedag dis haar eks, K-Ci. Toe die geklop ophou, het sy uitgekom en haar kop op sy skoot neergelê. Danny sê dat sy aanhoudend nader aan hom beweeg het.

Hy voeg by dat hy geld aangebied is om haar gereeld­ te besoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters