12 dae gelede
Mans wat slaan, is die pits
PRAAT UIT: Cassper Nyovest veroordeel mans wat hul hande vir vroue lig.  ~ Foto Verskaf

DIE rapper Cassper Nyovest is gatvol vir mans wat hul hande vir vroue lig.

Die aanbieder van The Braai Show het kommentaar gelewer op ’n video waar ’n kind toekyk hoe sy ma aangerand word.

“Ouens, dink julle dit is aanvaarbaar om vroue te slaan? Waddehel is verkeerd met jou? Kan ons die gemors asseblief stopsit?”

Cassper, wat ook onlangs vir die eerste keer ’n derra geword het, is verskriklik besorg oor hoe die voorval die kind later sal raak.

Leer

“Ek verstaan regtig nie hoekom mans vroue slaan nie. Hoe is dit oukei in hul verstand?

“Ek het data! Die arme kind moet nou leer oor sy pa wat ’n gewelddadige dier is en later kan dit hom affekteer en hy kan dieselfde doen. Sjoe! Dit is die pits!”

Geweld teen vroue en kinders is ’n pandemie op sy eie in Suid-Afrika en dit is goed dat influential mans soos Cassper hom oor die gruwel-kwessie in ons gemeenskappe uitlaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters