14 dae gelede
'Mandela' vandag uitgereik
WERK SAAM: Die PJ Twins (aan weerskante in blou), TwinzSpin (in wit) en Hamba Smallz (in swart ) se single “Mandela” word vandag uitgereik. DJ Ngamla pose saam met hulle.  ~ Foto Verskaf

DIÉ song is ’n viering van verskillende kulture wat almal as een saamkom.

Dít is die gevoel wat die nuwe single “Mandela” deur die PJ Twins, TwinzSpin en Hamba Smallz aan ’n mens gee.

Die bogenoemde kunstenaars is almal van Kaapstad en met dié single wou hulle kulture byeenbring en die liefde van musiek versprei.

Die kunstenaars laat hoor die single met sy lekker saamdans-beat gee uiting aan hul moods, hul emosies en hul lewens.

“ ‘Mandela’ het ’n Suid-Afrikaanse sound met ’n tempo beat wat sal seker maak dat jy aanhou move,” lui die kunstenaars se persverklaring.

Inspirasie

Die talentvolle PJ Twins, Peter­­ en John Talmarkes van Bonteheuwel, doen die snit se vocals.

Dié duo, wat deelgeneem het aan The Voice en SA’s Got Talent, het ook die song geskryf.

Peter verduidelik die inspirasie agter die song: “Dis gebaseer op waar ons vandaan kom. Ons praat van mense van gemengde herkoms wat van dieselfde plek kom. Dis hoekom ons dit genoem het na een van die invloedrykste mense – Nelson Mandela – om mense te laat besef dat, al het ons verskillende agtergronde, moet ons steeds saamstaan.”

Die briljante tweeling-DJ’s Twinzspin, Hamba Smallz en Cape Bandits, het die song vervaardig.

Die song word vandag 11:00 uitgereik. Dis op platforms soos Spoti­fy en iTunes beskikbaar.­­

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters