Verlede maand
Malusi ‘vermoor ons ongebore tweeling’
JOL: Malusi Gigaba breek harte.  ~ Lulekwa Mbadamane

’N VOORMALIGE skelmpie van Malusi Gigaba, gewese minister van finansies en oudminister van binnelandse sake­, beweer hy het hul kinders “doodgemaak”.

Die nuus het laas jaar gebreek dat Gigaba ’n ander vrou swanger gemaak het terwyl hy nog getroud was met Norma Mngoma, wat nou binnekort sy eks sal wees.

Die nuus het opslae gemaak kort nadat ’n twééde seksvideo van die spulse minister viral gegaan het.

Gigaba se eks-side-chick wat na bewering ’n tweeling verwag het, sê sy is oortuig daarvan dat hy hul kinders doodgemaak het. Sy sê sy het dinge kort ná haar miskraam met Gigaba beëindig.

Sy beweer toe hy uitvind sy is swanger, het hy haar na ’n sangoma geneem – en ’n week later het sy ’n miskraam gehad.

Gigaba was volgens haar nog altyd ’n “hartebreker”.

Platform

Ek sien nou op ZAlebs hy het ’n nuwe liefde gevind en hy show haar omtrént af – selfs al is sy egskeiding met Norma nog nie finaal nie.

Sy vermeende nuwe liefde, Nomfundo Fakudze, het ’n post van sy dogter se verjaardag op haar platform in die sosiale media gedeel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters