14 dae gelede
Maer Adele nie liggeraak oor reaksie
Oppie cover: Adele pronk op die voorblad van Vogue se November-uitgawe.  ~ Verskaf

DIE Britse sangeres Adele (33) is baie teleurgesteld in vroue wat die lelikste dinge kwytgeraak het oor haar dramatiese gewigsverlies.

Die Grammy-bekroonde sangeres verskyn op die voorblad van Vogue se November-uitgawe.

Sy deel met dié publikasie hoe mense se brutale kommentaar haar laat voel het.

“Vir die duur van my loopbaan is daar oor my liggaam gepraat. Dis nie net nou nie. Ek kan verstaan hoe dit ’n skok is,” sê sy oor haar gewigsverlies.

Ingegee

Vroeg in 2020 het die “Hello”-sangeres gespog dat sy sowat 45kg verloor het nadat sy oor ’n periode van twee jaar getrou geoefen het.

Nou het almal ’n vrot eiertjie te lê oor haar gewigsverlies. Sommige moan sy lyk heeltemal te maer. Ander meen weer sy moes nie ingegee het onder die pressure om maer te wees nie.

“Ek verstaan hoekom sekere vroue seergemaak is. Ek verteenwoordig baie vroue, maar ek is steeds dieselfde persoon.

“Die ergste van alles is dat die mees brutale gesprekke oor my liggaam deur ander vroue gehou is.”

Adele voeg vurig by: “Ek was f*kk*n teleurgesteld daaroor! Dit het my gevoelens seergemaak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters