Verlede maand
Madiba-hemde inspireer outfit
MADIBA-HEMDE: Die sebra-pakkies wat die Suid-Afrikaanse Olimpiese gedra het, is geïnspireer deur wyle Nelson Mandela.  ~ Twitter.com

DIE sebra-uitrustings wat die Suid-Afrikaanse span vir die opening van die Olimpiese Spele in Tokio gedra het, is geïnspireer deur wyle die oudpres. Nelson Mandela.

Baie Suid-Afrikaners was ontevrede oor ons Olimpiese span se bypassende wit-en-swart sebra-pakkies en plaaslik vervaardigde veldskoene.

Dié uitrusting is deur vier plaaslike ontwerpers, Mbali Zulu, Nompumelelo Mjadu, Sandile Sikhakhane en Sipho Lushaba, geskep.

Een van die ontwerpers, Mjadu, het aan eNCA verduidelik dat hulle hul inspirasie gekry het van Madiba se ikoniese, vrolike knoophemde.

Hulle het ook die Big Five print gebruik om verder hulde te bring aan iets wat Suid-Afrika uniek maak.

Die opkomende ontwerper sê: “Ons het navorsing gedoen oor die uitrustings wat in die verlede deur die Suid-Afrikaanse span op die Spele gedra is.

Gekombineer

“Ons het toe besluit om ons eie print te ontwerp.

“Ons het ons inspirasie van die Madiba-hemde gekry. Ons het ook gedink aan wat Suid-Afrika uniek maak, so ons het die Groot Vyf-print gebruik en dit gekombineer met die nasionale blom – die protea.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters